CRIME??
THERE IS NO CRIME!
Over the long weekend burglars climbed into the roof of President Thabo Mbeki's official residence Mahlambandlovu on the Bryntirion Estate in Government Avenue in Pretoria and stole between R20 000 and R30 000 worth of aluminium.
http://www.namibia-forum.ch/components/com_fireboard/template/default/images/germani/emoticons/unsure.png
In Afrikaans they say..."Ja! Kry vir jou!"
:emot26:
Sorry, I can't translate this into English - it's a copy of a letter from the Rapport written to Mbeki. Full marks for this woman's humor!
Beste Mnr. Mbeki
Verskoon my verwaandheid. Maar ek gaan vandag met die deur in die huis val. Wel, dis wat die diewe Saterdagaand met my agterdeur gedoen het. Of u my brief gaan lees, weet ek nie. Moontlik is u iewers in 'n verre land, besig om buitelandse beleggers te oortuig dat SA nes Kanaan van ouds, die land van melk en heuning is. Min weet hulle dat die melk so suur is, jy kan joghurt daarmee maak.
En die heuning, wel, dit gebruik ons om gawe mense soos Robert Mugabe se mond mee blink te smeer. Of dalk, meneer die president, is u iewers by 'n mediese kongres. Besig om 'n aangrypende toespraak te lewer oor 'n sakie wat u tog so na aan die hart lê. Die vigs probleem, u weet, daardie siekte wat 'n mens kry as jy nie agter jou ore was nie.
Mnr Mbeki, ek is nie 'n bitterbek nie. Ek is nie emosioneel nie. Ek ly nie aan post-traumatiese stres nie. Ek is net wat 'n mens sal noem ordentlik en indringend de donner in. Na 'n rustige naweek keer ek terug na my tuiste in Yeoville. My ou huisie daar wat reeds 3 jaar in die mark is. Maar niemand wil dit koop nie.
Want:
(a) Hulle wil nie in 'n voorstad van Lagos woon nie,
(b) hulle wil dit so na aan verniet hê moontlik,
(c) die banke weier om 'n verband te gee (of vra 'n belaglike deposito).
Die hek staan oop. Die hond is weg. My hart sit in my keel. Voor in die tuin lê my tennisraket. Toe weet ek. Statistieke het my ingehaal.
Ek is nie verknog aan 'n TV-stel of 'n CD-speler of 'n rekenaar of 'n M-Net-dekodeerder of 'n videomasjien of 'n ketel of 'n verwarmer of 'n haardroer of 'n selfoon of 'n kamera of tasse of 'n strykyster of klere of beddegoed of handdoeke of skoene of juwele of parfuum of 200 CD's of enigiets waarop die bliksems nog hul hande kon lê nie. Die gevriesde vegetariese worsies inkluis.... En (sonder enige versekering) sal dit 'n wyle duur voordat ek weer enige van bogenoemde kan vervang. Maar, dink ek, terwyl ek my bene onder my invou en op my kniee neersak tussen die gemors wat oor die vloere gestrooi lê - dat hulle my Energade gedrink het, dis nou my dinges se deksel. 'n Vriend vertel my van 'n prostituut wat by hom gekla het dat een van haar klante haar besteel het: "Maar weet jy, Francois," sê sy hoogs verontwaardig, "die geld is nie so erg nie. Maar die vark het al my Tab uitgedrink." En dis hoe ek nou voel.
Verontwaardig. Ontnugter. Teleurgesteld. Moedeloos. Soos der duisende ander mense. Wit en swart. Wat al moes deurloop. En die hemel weet, soveel het reeds met hul lewe daarvoor betaal. Mnr. Mbeki, ek wil nie u probleme myne maak nie. Ai, hoe glip my pen nou. Ek is ook nie iemand wat erg het aan betogings of enige verrigtinge van demonstratiewe aard nie. Dus huil ek maar op u denkbeeldige skouer. Elke enkele laai in my huis is uitgepluk. Die inhoud sorgvuldig deurgesoek vir enigiets waardevols. Pille, hoesstroop, sjampoe... alles is soos confetti rondgestrooi op die vloer. Net die stof het hulle gelos.
In Essex het diewe onlangs in 'n huis op 'n sak poeier afgekom, gemerk Charlie. Dog toe hulle val met hulle neuse in die botter. En "snuif" tog te lekker aan die wit dwelm. Min wetend dat dit die stoflike oorskot van die huiseienaar se hond was. Gelukkig kan niemand jou sin vir humor steel nie.
Oral lê daar gebruikte kerse. En op my bed, 'n kombuismes. Ingeval iemand onverwags instap of wakker word? Volgende dag bel ek die polisie se noodnommer. "Ek is besteel!", verduidelik ek. "Kan jy my dalk help?" Met wat?, vra die konstabel. Ek is nie seker wat om te antwoord nie. My kennis van misdaadtaal is beperk. Miskien moet ek sê: "Met kaartjies vir die kriekettoets." Maar ek tel tot tien en begin van voor.
Dalk moet ek my laat herdoop. In Birmingham, Engeland het 'n Mej. Nutting onlangs met mnr. Toulouse getrou. Sy heet nou: Mevrou Nutting-Toulouse.
Eintlik mnr Mbeki, wil ek net my verligting teenoor u uitspreek.
Want hulle kon:
1) my vermoor het,
2) vermink het,
3) verkrag het.
Maar deur die genade is ek net beroof.
Paraguay is die agtste mees korrupste land ter wereld. 'n Ruk terug is die hoof van die teenkorrupsie-eenheid in hegtenis geneem. Hy is aangekla op negentien aanklagte van korrupsie. Maar ek is 'n burger van SA, 'n pragtige demokratiese land waar eerbaarheid aan die orde van die dag is. Waar diewe moet rekenskap gee van hul dade. Vra maar vir Hansie en dr. Boesak.
Ek groet u in 'n gees van patriotisme.
NS. My beste wense aan mevrou. As sy dalk 'n ekstra paar nr 7-tekkies het, stuur gerus aan. Twee linkervoete sal ook doen. Die diewe het vir my twee regtervoete gelos.
bravo 10/10 to her! Pity our dear prezzie can't read Afrikaans.(Or so they say)
die land van melk en heuning
That is what it was
Monie worrie nie, ek verstaan baie
Mar ek kan nie skryve nie......Hows that for a Squ.... head
Well our short of stature and deficient of common sense wise leader , protector or drunkards and corrupt crooks Mr Thabob Mugabeki is maybe getting a little dose of Karma .. the lady grim reaper who tries to balance things out .. in tonights argus .. a couple held hostage in their home for hours while it was ransacked .. Stuart and Angela Collins ... thank goodness they did not come to any physical harm .. anyhow part of the story is .. Mr Collins when asked if he had money said no .. the intruders said .. you live in a big house .. you must be rich .. actually it means nothing nowadays .. some people especially in their pension years are so crippled by rising costs .. that the home becomes a liability they eventually have to get rid of .. further .. Mr Collins was twice an ANC ward candidate in his area .. and when the intruders during their rummaging found his ANC membership card said to him ... F... the ANC and F... you ... ... ?? guess whose house they going to raid soon ... ???