Oranjemund Online

GENERAL DISCUSSIONS! => The Joke Corner for all => Topic started by: Dalene Steenkamp (Coetzee) on October 25, 2007, 07:33:33 PM

Title: Afrikaanse Grappe
Post by: Dalene Steenkamp (Coetzee) on October 25, 2007, 07:33:33 PM
Tips vir Tappits



ALGEMEEN

1.  Moet nooit bier saamvat na 'n job interview nie.

2.  Probeer eers uitvind wie die mense in jou jaard is voor jy begin skiet.

3.  Die dominee smaak dit nie as jy 'n cooler box saamvat kerk toe nie.

4.  As jy die bed moet stofsuig is dit tyd om ander lakens op te sit.

5.  Selfs al is jy seker jy is ingesluit in die testament, moenie jou Venter saamsleep na 'n begrafnis toe nie.



UITEET

1.  As jy wyn skink, tilt die paper cup sodat jy nie die "vrug" van die wyn bederf  nie.

2.  As jy uit die bottel uit drink, hou hom so vas sodat jou vingers die label  toehou.



ONTHAAL IN JOU HUIS

1.  Moenie jou geliefde opgestopte hamster/kat/hond/aap op die koffietafel sit  nie.

2.  Moenie dat jou hond van die tafel af eet nie (al is sy maniere beter as jou  gaste s'n).



PERSOONLIKE GESONDHEID

1.  Terwyl ore gereeld moet skoongemaak word, is dit 'n job wat verkieslik met jou  eie bakkiesleutels gedoen moet word.

2.  As jy toiletware reg gebruik kanjy 'n paar dae gaan  sonder 'n wassie.

3.  Grond en olie onder jou vinger naels is 'n social nee, want dit gee daai finger  snacks 'n snaakse smaak en cherries laaik dit nie so kwaai nie.



VERHOUDINGS (buite die  familie)

1.  Bied altyd aan om die aas aan jou goose se hoek te sit, veral met die eerste  date.

2.  Wees aggressief. Laat weet haar jy wag al twee jaar om met haar uit te gaan  nadat jy daai goed gelees het teen die toilet muur daar by die jol plek.

3.  Maak seker jy vind uit by haar ma-hulle wanneer sy by die huis moet wees.  Party sal sê 10-uur, ander "Maandag". As die antwoord Maandag is,is dit jou job om te sorg dat sy betyds by die skool is.



FLIEK

1.  Huilende babas moet verkieslik na die voorportaal gevat word en onmiddelik na die show gehaal word.

2.  Moenie met die mense op die screen probeer praat nie. Jarelange wetenskaplike navorsing het bewys dat hulle jou nie kan hoor  nie.



TROUES

1.  Kleinvee is nie so 'n hot trougeskenk nie.

2.  As jy die bruid langer as 5 sekondes soen, kan jy miskien  geskiet word.

3.  Vir die bruidegom: Huur 'n tux; 'n corduroy broek en T-shirt met 'n cummerbund werk nie so lekker nie. Stofepipes is ook uit.

4.  Al is dit moelik, se maar ja vir sokkies en skoene (al is dit dan net vir die  kerk).



BESTUUR

1.  Dim jou ligte as 'n kar van voor af kom, al is jou gun gelaai.

2.  As jy by 'n 4-way stop kom, ry die ou met die grootste wiele eerste, daarna die ou wie se exhaust die hardste raas.

3.  Moet nooit 'n ander blaar se kar tou met pantyhose en duct tape  nie.

4.  As jy jou vrou/goose met 'n kannetjie stuur om te gaan petrol haal, is dit swak maniere om haar te vra om bier ook terug te bring.

5.  Moenie spin as jy in 'n begrafnisstoet ry nie.
Title: Re: Afrikaanse Grappe
Post by: Charmain Meier (Heusdens) on October 29, 2007, 05:30:05 PM
Dalene

Gepraat van tappits, hier in Pretoria word die mense van Danville tappits genoem.  Hulle reken in die voorstad byt die kinders die honde!!

Charmain
Title: Re: Afrikaanse Grappe
Post by: Dalene Steenkamp (Coetzee) on October 29, 2007, 05:49:10 PM
Net mooi hulle, ja!  Dis nou daai 1 liter coke, 2 liter brandewyn en 3 liter Ford manne.

Reken nou net die trougeskenk van lewende hawe :  'n brandsiek skaap met 'n strik om die nek geknoop wat aan die geskenktafel se poot vasgemaak word met 'n paar geleerde sykouse! 
Title: Re: Afrikaanse Grappe
Post by: Debby Opperman (Biccard) on October 30, 2007, 10:42:35 AM
Man I just love this one.... :D


Hoe die Boesman die heuningby beskryf:

Dis dai groot vliegietjie wat die blom eet
en die jam poep!   
Hyt nie die tand by sy bek,
maar hy loop met die assegaai by die hol!!
Title: Re: Afrikaanse Grappe
Post by: Diana Rudd (Boehme) on October 30, 2007, 12:29:54 PM
I know you just love that one Debbie you haven't stopped laughing since you heard it ;D :-*
Title: Re: Afrikaanse Grappe
Post by: Charmain Meier (Heusdens) on October 30, 2007, 06:55:30 PM
Dalene

Jy het vergeet van die plastiese houer in die vorm van 'n lemoen op die aerial, die "fur" op die "dash" en die hond agter in die venter wat se nek beweeg.  Mens kry darem kreature in die deel van Pretoria.

Charmain
Title: Re: Afrikaanse Grappe
Post by: Dalene Steenkamp (Coetzee) on November 05, 2007, 07:05:25 PM
Ek bad deesdae in koue water en bietjie Omo daarin.

Die advertensie waarborg dat dit vet en vlekke verwyder.....  so, watch my!   
Title: Re: Afrikaanse Grappe
Post by: Yvette Kroukamp (Biccard) on November 06, 2007, 06:22:29 PM
Some jokes are best said in Afrikaans. Would love to put some here, but not so sure????
Title: Re: Afrikaanse Grappe
Post by: Michael Alexander on November 06, 2007, 08:22:21 PM
Yvette post the jokes.... I'll only remove them as iemand daaroor kla!   notfair
Title: Re: Afrikaanse Grappe
Post by: Dalene Steenkamp (Coetzee) on November 06, 2007, 08:35:57 PM
Ja, remove the one's that kla  -  not the jokes!     :emot98:
Title: Re: Afrikaanse Grappe
Post by: georgswa (Georg Ruf) (RIP) on November 07, 2007, 08:24:39 AM
So i get afrikaans lessons free of charge  :emot26:
Title: Re: Afrikaanse Grappe
Post by: Yvette Kroukamp (Biccard) on November 17, 2007, 04:44:32 PM

Dominee besoek Jerusalem en in een straat drom die mense saam.
"Hoekom", vra hy 'n omstander. "Want hier kom netnou 'n stoet
kamele verby met kaal meisies op. "O", antwoord die dominee.
"Dan wag ek maar. Ek het in my lewe nog nooit 'n kameel gesien nie!"
Title: Re: Afrikaanse Grappe
Post by: Yvette Kroukamp (Biccard) on November 20, 2007, 06:23:35 PM


:36_8_1:

Pietie wil TV koop en gaan staan voor 'n groot een wat baie knoppies het.

Pietie vra die agent "waars die remote dan?"  Agent se "geen remote, jy noem net die stasie en hy skakel self oor."

Pietie kan sy ore nie glo nie en se vinnig "CNN" en wragtig dis op die skerm.

Hy se "e-tv" en dit kom of die skerm.

Hy se "National Geographic" en die TV verander weer na die National Geographic kanaal.

Pietie is nou werklik ingenome en vra die agent wat kos die TV stel.

Die agent antwoord "R120 000.00 sonder BTW"

Pietie se "KaaaK" en die highlights van die Bulle se laaste game kom dadelik op!!!
Title: Re: Afrikaanse Grappe
Post by: Yvette Kroukamp (Biccard) on November 21, 2007, 05:35:13 PM

Gedagte vir die nag...

drank los nie probleme op nie, maar die F.K weet
- water en melk ook nie!

quickdop
Title: Re: Afrikaanse Grappe
Post by: Yvette Kroukamp (Biccard) on November 30, 2007, 04:21:56 AM


Raad vir die dag...
"Moenie jou poepe inhou nie. Dit maak borrels op die brein,
en dit is waar - kak - idees vandaan kom..."
Title: Re: Afrikaanse Grappe
Post by: Yvette Kroukamp (Biccard) on December 01, 2007, 07:07:43 AM


NOODBERIG!

'n Boot vol Viagra het in Kaapstad gesink. Vissermanne se hulle
het nog nie een pap snoek gevang nie en die seekatte dryf
soos kroegstoele rond.
Title: Re: Afrikaanse Grappe
Post by: Yvette Kroukamp (Biccard) on December 01, 2007, 07:14:14 AM

Mugabe gaan dood en kom by Petrus se hek in die Hemel aan.
Petrus verwys hom na satan.  Hy kom daar en word verwelkom.
Dit strike hom dat hy sy bagasie by die Hemel vergeet het,
maar satan se hy stuur sommer twee duiwels.  Petrus is toe op
lunch en die duiwels besluit om sommer oor die muur te klim.
Twee engele sien dit en met die volgende kommentaar,
"Mugabe is net 10 minute in die hel en hier is die eerste
refugees alreeds!"
Title: Re: Afrikaanse Grappe
Post by: Dalene Steenkamp (Coetzee) on December 14, 2007, 08:19:06 PM
 :ciupa1:

Jannie:  "Het Pa 'n nuwe wekker gekoop?"

Pa:  "Nee, hoekom?"

Jannie:  "Ek't vanoggend gehoor Pa se vir Ma sy moet ophou speel met ding, want as hy eers gaan staan het gaan julle laat wees vir werk."
Title: Re: Afrikaanse Grappe
Post by: Diana Rudd (Boehme) on December 15, 2007, 03:07:21 PM
 :36_2_35:     Good icon(Smiley)
Title: Re: Afrikaanse Grappe
Post by: Diana Rudd (Boehme) on December 15, 2007, 03:12:55 PM
I mean the one on your post Dalene
Title: Re: Afrikaanse Grappe
Post by: Dalene Steenkamp (Coetzee) on December 15, 2007, 03:34:13 PM
 :emot19:


Great minds think alike.........  chosen on purpose
Title: Re: Afrikaanse Grappe
Post by: Diana Rudd (Boehme) on December 15, 2007, 05:58:00 PM
I thought as much.  :36_2_35:
Title: Re: Afrikaanse Grappe
Post by: Dalene Steenkamp (Coetzee) on April 21, 2008, 08:17:39 PM
Twee ou omies sit op die ouetehuis se stoep en sug.

Gert: 'sug' "Jaaaa"

Piet: 'sug'  "Nee"

Gert:  'sug'  "Jaa-nee"

Piet:  'sug'  "Gert, jy praat nou heeltemal te veel!"
Title: Re: Afrikaanse Grappe
Post by: Dalene Steenkamp (Coetzee) on April 21, 2008, 08:21:35 PM
Toe ons klein was, was ons so arm......

dat ons om die tafel gesit het en net die "Kook en Geniet" oopgeslaan gehad het voor ons.
Title: Re: Afrikaanse Grappe
Post by: Charmain Meier (Heusdens) on September 23, 2008, 06:15:34 PM
Wat kry jy as jy 'n blond melk voer?

'n Melktert....

Sorry julle blondies
Title: Re: Afrikaanse Grappe
Post by: georg ruf jr. on November 12, 2010, 07:46:10 PM
Could anybody by chance translate this recipe for me. My Afrikaans is so sh'''y... Sory, but 30 years are a damned long time.
Title: Re: Afrikaanse Grappe
Post by: SandyB on November 12, 2010, 07:52:00 PM
Georg ,,  a melktert  is  a milk  tart  (  a baked  cake similar to cheesecake ) ...   Ok  what do you get when you feed a blonde milk ??   a  milk tart .. .. you know all the jokes about  blondes  being easy  to get into bed ,,  in english and afrikaans  a  tart   or afr    a  tert   is also a loose woman ,, so a blonde fed on milk is a milk tart ...
Title: Re: Afrikaanse Grappe
Post by: henniek on November 13, 2010, 04:02:42 PM
Ons is so arm , ek en my vrou drink brandewyn sodat die kinders nie kan ruik ons het vleis ge eet nie
Title: Re: Afrikaanse Grappe
Post by: henniek on November 13, 2010, 04:05:30 PM
Toeriste besoek 'n grot . van die vrouens vra of daar baie vlermuise in is, want die goed vlieg in mens se hare vas
. Toe sê die toergids " Moenie oor die vlermuise worrie nie , die slange het klaar meeste van hulle opgevreet !  "
Title: Re: Afrikaanse Grappe
Post by: georg ruf jr. on November 20, 2010, 11:45:31 AM
lol
Thanks Sandy.
I Understood the last 2 contributions (more or less ;-)) So my Afrikaans isn't that bad after all.