Kontrakteur van Spar vas oor gesteelde kos
2012-12-23 09:30
Verwante skakelsSes vas ná hulle glo wiele steel
Kaapse diewe teiken skouhuise
Vyf verskyn in hof oor eksamen-diefstal
Johannesburg – Drie mans is Sondagoggend in hegtenis geneem nadat die polisie beslag gelê het op kos ter waarde van R300 000, het die Johannesburgse metropolisie gesê.
Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder, het gesê die polisie het omstreeks 01:00 'n vragmotor en 'n sleepwa in die bosse naby die Olifantsfontein pad en die Ou Pretoria-hoofweg in Midrand gesien.
"Toe hulle gaan ondersoek instel, het hulle afgekom op drie mans wat kruideniersware, insluitend babakos en weggooidoeke, uit die vragmotor laai."
Minnaar het gesê die kruideniersware is in 'n Nissan Hardbody-bakkie gelaai. Die eienaar van die vragmotor en sleepwa was 'n kontrakteur vir die Spar-kettingwinkels.
Al die mans is op die toneel in hegtenis geneem.
Minnaar het gesê die mans sal Maandag op aanklag van diefstal in die Randburg-landdroshof verskyn.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA
They must have been hungry.......
Staat lê beslag op elektrisiën se miljoene
Diamantmynwerker kan nie bron van inkomste bewys nie
'n Diamantmynwerker wat slegs 'n salaris verdien, kon nie aan die hof vir sy belegging van miljoene dollar by Sanlam rekenskap gee nie.
Die staat het op sowat N$2,2 miljoen kontant van 'n elektrisiën by 'n diamantmynmaatskappy beslag gelê nadat hy nie kon verduidelik hoe hy aan sy miljoene gekom nie. Die hooggeregshof het verlede week gelas dat op nog bates ter waarde van sowat N$300 000 van Natangwe Kondjeni Kanime beslag gelê sal word.
Regter Harald Geier het gelas dat Kanime se N$2,2 miljoen in 'n Sanlam effektetrustrekening, sy Fiat Uno- en BMW-voertuig en 'n kleinhoewe by Oshakati, ter waarde van N$45 000, deur die staat afgeneem moet word.
Kanime verdien sowat N$14 600 by Namdeb waar hy as 'n elektrisiën werksaam is. Hy het egter aan die hof gesê behalwe vir sy werk by die diamantmynmaatskappy, hy uit ander besighede ook 'n inkomste verdien.
Volgens die hof bestaan egter ook onreëlmatighede met dié besighede.
Kanime het probeer om te verduidelik dat hy 'n bykomende inkomste uit 'n kroeg, 'n boksklub op Oranjemund, die Santonkroeg in Oshakati, vier dobbelmasjiene by Eluwa in Oshakati en nog 'n dobbelmasjien by Oshetu Bar in Windhoek verdien. Volgens hom het hy ook 'n winsgewende beesboerdery. Die hof het egter sy argument verwerp.
In die tydperk vanaf 5 Maart 2007 tot 28 Januarie verlede jaar is N$2,2 miljoen in Kanime se Sanlam effektetrustrekening inbetaal.
Die deposito's is gewoonlik in kontant gemaak en het hoofsaaklik uit die Suid-Afrikaanse geldeenheid bestaan.
"Sy onvermoë om dokumentêre bewyse van enige iets te lewer, het sy saak verder versleg omdat hy glo nie presiese besonderhede van sy finansiële transaksies oor 'n aantal jare kon onthou nie," het Geier gesê.
Kanime het glo ook 'n verklaring uitgereik waarin hy sê die miljoene dollar Sanlam-belegging kom uit sy salaris. Geier het dit bevraagteken.
"Dit kos nie veel om agter te kom dat dit 'n ooglopende vals verklaring is nie omdat die miljoene nie van 'n salaris van N$14 681 kan kom nie."
Terwyl die owerheid die oorsprong van sy geld ondersoek het, het hulle bevind Kanime het ook 'n onwettige dobbelbedryf gehad wat nie belasting betaal het nie. Geier het gesê Kanime genereer eintlik 'n onwettige inkomste, met verwysing na die N$1,3 miljoen wat hy per jaar van ongelisensieerde dobbelmasjiene verdien.
"Boonop het Kanime versuim om sy inkomste aan die ontvanger van inkomste te verklaar en nagelaat om belasting te betaal, wat na raming meer as N$5 miljoen 'n jaar moes wees," het die regter gesê.
Geier het verder tot die gevolgtrekking gekom dat deur gebruik te maak van die onregmatige geld, Kanime boonop aan geldwassery skuldig is. Die hof het beslis Kanime het die wet op inkomstebelasting, die finansiële intelligensie- en dobbelwet oortree.
He worked in my shop and was fired in November.
He was on suspension for more than a year.....On full pay.
I told him one day that he had to much money because he never wanted to work overtime...... Little did I know.... sorriso2
Ja Mike,there is only one way and that is the right way,just wish the AAC moves a bit faster and as they say he who laughs last laughs the loudest.... er arnt you a elec by the way....hehehe