Water crisis!?

Started by Bertie Horak, February 22, 2009, 02:33:21 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Bertie Horak

Heard that earlier today people in Walvisbaai had to queue to get water from fire hydrants.  Any body with more news?
Oranjemund 1965-1982; 2019 and counting...

Michael Alexander

That is correct, no water until Wednesday at the earliest..... Turns out that the river came down in flood due to all the good rains in the interior and flooded the pumping stations.,.....
OPS 1976-1982 : CBC 1982-1988

Michael Alexander

'n NOODPYPLEIDING van Swakopmund, 'n vloot van elf tenkwaens van NamWater, die brandweerdiens en dwalende kinders met leë emmertjies is gister op Walvisbaai aangewend in die stryd teen 'n waterlose ramp waarmee die groot hawe-, nywerheids en toerismedorp bedreig word. Die noodsituasie kan nog tot drie weke duur.

In die buitewyke van die dorp, veral in die tradisionele Kuisebmond- buurt, was die loeiende sirenes van brandweerwaens sedert Saterdag 'n boodskap van hoop. Water waarmee vuur normaalweg uit die groot tenks beveg word, word nou gebruik om 'n inwonersdors te les. Mense het tot 8 km ver gestap met elke hol ding tot hul beskikking om 'n bietjie water by die mobiele waterpunte te kry.

Die krisis word deur vloedwater in die benede-Kuisebrivier geskep. Die waterinstallasies van NamWater het voor die stormwater uit die binneland geknak. Die Rooibankskema het eerste platgeval. Beweringe dat die Swartbankskema hoër op in die rivier ook geswig het, kon teen druktyd nie bevestig word nie.

"Dit kan wees," het mnr. André Brummer, die munisipaliteit se hoof van water, gister aan Republikein gesê. "Saterdag was die water in die Kuiseb 3 meter diep oor 'n stuwal by die woestynnavorsingstasie Gobabep. Dis baie." Walvisbaai se normale gemiddelde watergebruik is sowat 700 kubieke meter per uur. Sedert die middel van verlede week met die skade aan die Rooibankskema het die toevoer tot sowat 100 kubieke meter per uur gedaal – op die beste 120 kubieke meter en op die slegste 80 kubieke meter per uur.

Gister het die munisipaliteit nog gemik na vier ure water per dag aan Walvisbaaiers, maar volgens inwoners word dit nie eens naastenby gehaal nie. Vandag kan dit net twee ure wees. Bouaannemers het óf die troffels neergesit óf reken op tenkvragmotors met water vanaf Swakopmund. Enkele fabrieke ry water in tenkvragmotors aan. Ander het produksie tydelik gestaak. Die skade aan die ekonomie van Walvisbaai beloop reeds miljoene dollar per dag.

'n Tydelike plastiekpypleiding vanaf Swakopmund, gekoppel aan 'n ou lyn, is Saterdag deur NamWaterspanne gelê wat dag en nag werk om die krisis die hoof te bied. Toe die tydelike toevoer van sowat 80 kubieke meter water per uur oor 'n afstand van sowat 35 km Saterdagaand om halftwaalf oopgedraai is, het lugkleppe op die lyn onmiddellik voor die druk gekantel. Gister was 'n oorbruggingsplan om 'n kraanstelsel op die pypleiding te volg om die toevoer te beheer.

Wanneer die Swakopwater vloei, sal die eerste verligting op Langstrand kom waar inwoners gister teen 'n derde agtereenvolgende waterlose dag geworstel het. Die eerste tenkvragmotor van NamWater het Saterdag op Walvisbaai aangekom. Gister was dit 'n vloot van elf waterdraers van die grootmaatverskaffer.

Nog 'n noodmaatreël deur die munisipaliteit is die byna veertig tydelike waterpunte wat op openbare plekke in die verskillende woonbuurte geskep is. Ses van die tydelike krane bedien die dorpsgebied, dertig die woonbuurt Kuisebmond en nog drie die woonbuurt Narraville. Mnr. Brummer het gister gesê water word nie by al die punte gewaarborg nie. Mense die naaste aan die toevoerlyne kry die eerste water.

Die gewildste houers by die tappunte is kanne met 'n kapasiteit van 25 liter, vyf liter en selfs leë koeldrankhouers van twee liters. Gewone huishoudings voer 'n stryd met selfs skottelgoedwater wat opgegaar word vir die spoeltoilette. Mnr. André Burger van die munisipaliteit se waterbestuursafdeling het gister gesê hy glo nie die toestand hou nou 'n ernstige gesondheidsgevaar in nie. Inwoners sukkel ook om die omvang van die probleem te bepaal.

In van die blyplekke is daar nie huiswater nie, maar is daar wel laedrukwater in tuinkrane. Mnr. Brummer het beklemtoon dat Walvisbaai se normale gemiddelde watergebruik 700 kubieke meter per uur is, maar wanneer water nou wel in die oop ure beskikbaar is, styg dit tot meer as 'n duisend kubieke meter.

Die tenks van badketels is leeg, elke hol ding word gebruik om water op te gaar en wasdag breek op enige denkbare tyd aan wanneer water wel beskikbaar is. Groot selfdienwinkels het reeds vragte bottelwater van naburige dorpe en selfs Windhoek aangery Walvisbaai toe. Volgens een winkelier word 5 liter kanne sommer van die vragdraers verkoop en is daar nie 'n kans om die water op die rakke te kry nie.

By hotelle en huisvestinginrigtings sny die krisis diep. Mnr. Schalk van Niekerk van die Protea-hotel Pelican Bay het gesê twee personeellede draf deurlopend van toilet tot toilet met waterhouers vir die spoelstelsels. By elke wasbak is 5 l-waterkanne geplaas. Seewater word ook uit die strandmeer vir nywerheidsgebruik gepomp.

Hy het gister beplan om 5 000 liter drinkwater van Okahandja na die hotel te bring. Die waternood op Walvisbaai woed die afgelope jare, maar was nog nooit so erg soos nou nie. Dit gebeur wanneer vloedwater in die Kuisebrivier die deltagebied van die rivier bereik.

Normaalweg is die onderbrekings in Maart, maar vanjaar is die dorp in Februarie getref. Maart lê nog voor wanneer die swaarste reën volgens die normale reënvalpatroon in die Kuisebrivier se opvanggebied val.
OPS 1976-1982 : CBC 1982-1988

georgswa (Georg Ruf) (RIP)

Regards Georg Ruf Stuttgart Germany
My video channels:
http://www.livevideo.com/Georgswa 
http://georgswa.ning.com/
My Homepages
http://www.dersofaladen.de/home/
http://www.dersofaladen.de/georg/html/home2.html
Skype : .................Georgswa
Win Live Mess:........ ageorgruf@aol.com
Liv