From the Mayor!

Started by Michael Alexander, November 19, 2012, 02:45:44 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Michael Alexander

Not sure where this is from.... anyone know what paper this is from?

"Mnr. Henry Coetzee, burgemeester van Oranjemund.
Die begroting is reeds ingedien om die wiele aan die rol te kry vir die talle projekte wat vir Namibië se nuutste dorp beplan word.

Sakemoontlikhede is ook reeds bespreek en 480 nuwe woon- en 20 nuwe sake-erwe is reeds uitgesit.

Die nuwe erwe is aan die kant van die mynhek en sal veral gebruik word om lae-inkomste huise te bou. Oranjemund sal ook, sou die begroting goedgekeur word, met 'n nuwe rioolstelsel en 'n nuwe elektrisiteitstoevoerstelsel spog.

Dit is van die goeie nuus wat Oranjemund se burgemeester, mnr. Henry Coetzee, vir inwoners het.

"Ons weet behuising is 'n probleem, maar op die oomblik verhoed die bestaande wetgewing op plaaslike owerhede die oordrag van erwe van die myn na die dorpsraad. Dis iets waaraan ons werk," het Coetzee gesê.

Intussen probeer hy eers 'n plan maak met die verbod wat die Paaie-owerheid op swaarvoertuie op die pad tussen Rosh Pinah en Oranjemund ingestel het.

Die verbod geld op alle vragmotors wat langer as 12 m is of meer as 20 ton weeg en verhoed karweiersom sekere produkte op Oranjemund af te lewer. Dit maak iets soos braaihout moeiliker bekombaar.

"Maar vir die res sal Namdeb eers sorg dat die dorpsraad die dienste op die dorp kan oorneem. Ons as raad is gelukkig om 'n dorp met infrastruktuur te kry wat sonder skuld is," sê hy.

Wat die begroting betref, sal die meeste geld glo vir die oprigting van bykomende infrastruktuur gebruik word. En vir die planne wat hy en sy bestuur het, gaan geld baie belangrik wees.

Coetzee sê byvoorbeeld dat gekyk moet word na die oprigting van 'n diamantverwerkingsaanleg. "Ons sit met die produk hier, hoekom kan ons dit nie verwerk nie?"

Ander groot planne is akwakultuur, akkerbou, 'n waterkantontwikkeling, 'n karavaanpark en ontwikkeling van die toerismebedryf.

"Lüderitz se burgemeester was hier en ons het gekyk hoe ons toerisme saam kan verbeter. Dit kan 'n baie groot rol in die omgewing speel en tot almal se voordeel strek," het hy opgewonde gesê oor die moontlikhede wat vir die dorp voorlê.

"Plaaslike ekonomiese ontwikkeling moet tot voordeel van die mense strek. As verantwoordelike leiers moet ons toesien dat die dorp se voortbestaan verseker word."

Daarom het Coetzee en sy bestuur al verskeie moontlike beleggers op die dorp ontvang, insluitend bekende winkelgroepe en 'n moontlike handelaar in die boubedryf. Intussen het 'n afvaardiging van die Ministerie van Handel en Nywerheid ook by die dorpsraad aangeklop om na die oprigting van 'n ope mark te kyk.

Nog 'n vooruitsig waaroor Coetzee baie opgewonde is, is die bouwerk aan 'n staatskool wat in volgende jaar sal begin. "Die belangrikste is egter om 'n dorp te ontwikkel sonder te veel koolstofbesoedeling - 'n dorp wat nie 'n koolstofspoor sal laat nie."



OPS 1976-1982 : CBC 1982-1988

Michael Alexander

 :wow1:   :ciupa1:  Me thinks the ship sailed a few years back......

OPS 1976-1982 : CBC 1982-1988

Diana Rudd (Boehme)

Here I thought you were the Mayor Mr Alexander......   :ciupa1:
O.P.S -1969, Springfield Convent -1970, Holy Cross Convent-1972., Centaurus-1974
I got around.