The Shipwreck and Jim Murray make the Papers!

Started by Michael Alexander, September 22, 2008, 11:02:59 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Michael Alexander

Here we go Folks....Old timer , Jim Murray has made it into the Republikein Newspaper....

"2.09.2008
Sluier lig oor seekelders se skatte
DIE diamantkus van Namibië, afgesonder en ontoeganklik vir die meeste mense, is 'n begraafplaas van antieke skepe en 'n magdom van skatte uit die vroegste tye van die beskawing. Oranjemund is deesdae 'n miernes van bedrywighede en later vandag sal die plaaslike en internasionale media vir die eerste keer toegang kry tot die sestiende eeuse skatskip wat ses maande gelede hier ontdek is.

Televisiespanne en joernaliste van oral in die wêreld het sedert die begin van die naweek op die dorp toegesak om hulle aan te sluit by 'n span deskundiges wat die afgelope maand reeds besig is met die finale herwinnig van die outydse karveel en sy kosbare vrag van goud, silwer, koper en ivoor. Dit het nou bekend geword dat 'n soortgelyke seilskip vyftig jaar gelede reeds naby Elizabethbaai ontdek is.

Daar is selfs 'n rolprent van dié wrak met sy kannonne. 'n Soektog is nou ook van stapelgestuur na die wrak van 'n Nederlandse skip, die Vlissingen, wat in 1748 in die omgewing van Meobbaai vergaan het. Die vaartuig van 650 ton het aan die Nederlands Oos-Indiese Maatskappy, die VOC, behoort en is vir die eerste keer in 1734 op die Bataafse roete gebruik.

Duisende muntstukke van goud, silwer en koper uit dié skip, het in die sestigerjare aan die Namibiese kus uitgespoel. Bykans alles het in private hande en in skattejagters se markte beland. Republikein het intussen 'n oud-Oranjemunder opgespoor wat in 1964 en 1966 'n "sakvol" munstukke uit die vyftiende eeu bekom het.

Mnr. Jim Murray was destyds verbonde aan die Anglo-American Oceanographic Unit wat op Lüderitz en Elizabethbaai gestasioneer was. Hy was ook betrokke by projektevan die Amerikaanse weermag op Elizabethbaai om nuwe kommunikasietoerusting te toets. Volgens mnr. Murray, nou 'n pensioenaris in Johannesburg, dateer die munstukke wat hy bykans vyftig jaar gelede van kollegas gekry het, almal uit 1404. Volgens hom kon alles Nederlandse of Portugese munte gewees het.

Mnr. Murray het vertel hoe hy in die sestigerjare 'n vlieënier op Lüderitz raakgeloop het wat hom vertel het van 'n antieke skip wat tussen Lüderitz en Saddle Hill op die strand sigbaar was. Dié vlieënier het gereeld tussen Lüderitz en Oranjemund gevlieg en soms was die skeepswrak toegewaai, maar dikwels was dit duidelik sigbaar.

"Ons het daarna toestemming probeer kry om die wrak te gaan soek, maar is deur die mynbestuur meegedeel dat dit nie toegelaat sal word nie. Ons baas was 'n geoloog, dr. James Guest, wat ons ook verbied het om te gaan soek sonder toestemming van bo af," het mnr. Murray vertel. In dieselfde tyd het 'n navorsingspan van die destydse CDM aan boord van die navorsingskip, die Rockeater, op 'n nuwe wrak afgekom wat steeds onder water was.

'n Rolprent is gemaak van die skeepswrak en selfs die kanonne was duidelik sigbaar. Weer is toestemming geweier dat 'n volskaalse argeologiese ondersoek na die wrak van stapel gestuur word. Die eerste amptelike argeologiese ondersoek wat wel deur NamDeb toegelaat is, het in 1993 plaasgevind onder leiding van die maritieme argeoloog wat nou in beheer staan van die Oranjemundwrak, dr. Bruno Werz.

Dr. Werz en 'n afstammeling van een van die eerste skeepskapteins van die Vlissingen, mnr. Gunter von Schumann, het die ondersoek gedoen nadat duisende muntstukke op die strand uitgespoel het. Hul opgrawings tussen 17 en 21 September 2001 het altesaam 243 munstukke opgelewer wat in 1746 geslaan is. Die vierde skeepswrak is skynbaar in September verlede jaar ontdek toe 'n werknemer van NamDeb op die hoofmas van 'n antieke seilskip afgekom het.

Die mas is deur mnr. Andrew Darne in 'n myngebied gekry wat net bekend staan as U-105 en dit sal vandag saam met die wrakstukke van die Dias-skip aan verslaggewers gewys word. Mnr. Murray is egter daarvan oortuig dat die diamantgebied besaai is met wrakstukke uit die vorige eeue. "Daar was oral maste van ou skepe.

Wanneer jy 24 jaar oud is, steur jy jou nie daaraan nie, want in daardie stadium was dit vir ons niks anders as ou visserskepe nie. Ek het baie vir mense gesê hulle sal beslis nog maste van ou skepe daar kry." Volgens mnr. Murray het hy en sy kollegas 'n sak vol ou muntstukke na die museum op Lüderitz geneem, maar die kuratore het nie eens daarin belanggestel nie, want "hulle het al te veel van die munte gehad."

Christo Retief op Oranjemund"
OPS 1976-1982 : CBC 1982-1988

Michael Alexander

OPS 1976-1982 : CBC 1982-1988

Alexandre

Can we have in a Gentleman's language, English, French or even Portuguese... ? :)

Bertie Horak

@ Alexandre - I translated it into English and sent it to you in a PM.  Any body else welcome to ask for translation.
Oranjemund 1965-1982; 2019 and counting...

Alexandre

Quote from: Bertie Horak on September 23, 2008, 04:40:22 AM
@ Alexandre - I translated it into English and sent it to you in a PM.  Any body else welcome to ask for translation.

Many thanks, Bertie. I sure appreciate your effort!

Alexandre

Another one.... I guess I have to learn the lingo...





Geskiedenis ontvou in die Suide

Die projekleier vir die redding van die geskiedkundige skeepswrak op Oranjemund, dr. Bruno Werz, op die toneel sowat tien kilometer noord van Oranjemund en sewe meter onder seevlak. Die oorblyfsels van die skeepswrak kan in die agtergrond gesien word asook die hoë keerwal wat deur NamDeb gebou is om die myngebied droog te lê. DIE ontdekking by Oranjemund van 'n skeepswrak uit die sestiende eeu, is die grootste en belangrikste internasionale vonds sedert die ontdekkings wat in die piramides in Egipte gemaak is. Dit is die mening van 'n span plaaslike en internasionale deskundiges op die gebied van geskiedenis en argeologie wat tans op die myndorp saamgetrek is as deel van die reddingspoging van dié ontdekking.

Tydens die eerste bekendstelling van die skeepswrak aan plaaslike en internasionale media gistermiddag, is daar bo alle twyfel verklaar dat die skeepswrak beslis nie aan die Portugese ontdekker, Bartolomeu Dias, behoort het nie.

Anders as Dias se karveelvaartuig wat in die laat vyftiende eeu op die roete vanaf Europa na Asië gebruik is, is die skeepswrak op Oranjemund 'n karaak wat net gebruik is op bestaande Portugese handelsroetes. Waar 'n karveel uit die vyftiende en sestiende eeue net sowat 100 ton aan vrag kon dra, was die skip op Oranjemund in staat om tot soveel as 300 ton te vervoer.

"En die skip was op sy roete vanaf Portugal onderweg na Indië tot oorlopens toe oorlaai," het die opgrawingsleier, dr. Bruno Werz, op die toneel gesê. Voorts bestaan nou reeds bewyse dat die jongste goue muntstuk wat by die skip gevind is, reeds in Oktober 1525 geslaan is, terwyl Dias se skip reeds 25 jaar vroeër in die Atlantiese Oseaan vergaan het.

Die identiteit van die vaartuig, sy kaptein en bemanning sal nou eers binne die volgende paar maande en selfs jare deur wetenskaplike toetse bepaal kan word. Die skeepswrak wat op 1 April deur 'n laaigraaf-operateur van NamDeb, mnr. Kaapanda Shatika, in die diamantgebied, U60X, ontdek is, se vrag is gister ook vir die eerste keer aan die media vertoon.

Die uitsondering is egter dat alle muntstukke en ander kosbaarhede verwyder is en nou in die kluise van die Bank van Namibië in Windhoek bewaar word. Die res van die vrag wat bestaan uit tonne koper, silwer, tin, ivoor en metaal wat tot nou toe nog nie geïdentifiseer is nie, word egter in pakkamers van die myn in die woestyngebied by Uubvlei bewaar.

Dr. Werz en sy kollega wat die eerste argeoloog was wat die skip onder oënskou gehad het, dr. Dieter Noli van Kaapstad, het egter gister onthul dat die koperballe wat aan boord gevind is, oor die handelsmerk (die Fugger Trident) van 'n gesaghebbende en invloedryke Duitse familie beskik. Die koperballe het behoort aan die Fugger-bankiersfamilie van Habsburg wat oor 'n groot handelsnetwerk tussen Europa, Afrika en die Ooste beskik het.

Dit was dieselfde Fugger-gesin wat saam met hul Italiaanse vennote in die vroeë sestiende eeu groot bedrae geld aan Europese koninklikes geleen het en selfs betrokke was by die finansiering van die veldtog van Charles V om in 1511 en 1519 aangewys te word as die Heilige Romeine Keiser van Frankryk.

Afgesien van die metale en edelmetale asook meer as 2 000 munstukke van goud, silwer en koper aan boord van die skip, het die opgrawingspan ook afgekom op groot hoeveelhede persoonlike items wat selfs 'n stel ongeskonde Rooms Katolieke gebedskrale van 'n matroos ingesluit het.

'n Kas vol swaarde wat skynbaar nog nooit gebruik is nie, is ook vandeesweek ontdek, en sal binnekort van die toneel verwyder word. Die permanente sekretaris van Jeug, Nasionale Diens, Sport en Kultuur, dr. Peingeondjabi Shipoh, en die hoof van die argeologiese span, dr. Webber Ndoro, het gister ook die versekering gegee dat die skatskip en sy inhoud vir Oranjemund en die suidelike Karas-streek behoue gaan bly.

'n Uitstalling van die wrak en sy skatte word selfs vir Oranjemund beoog en daarna sal dieselfde uitstalling in Windhoek gehou word waarna dit sal terugkeer na 'n permanente museum wat op Oranjemund beplan word.

Christo Retief op Oranjemund

Hooter

Quote from: Alexandre on September 23, 2008, 01:48:44 AM
Can we have in a Gentleman's language, English, French or even Portuguese... ? :)
a nice story: A certain gentleman from Britain  , named Simon  , one day told the cleaner / teamaker at no 4 plant to learn to speak a decent gentleman's langauge  . Fom that day on Dolly adressed Simon in perfect German , Portuguese , Damara , Ovambo , or Afrikaans
It turned out that Simon was the master of only one language , and Dolly the master of five  , and could manage English well enough to get along

Paul Alexander