Kudu Gas resurfacing?

Started by Michael Alexander, June 17, 2009, 10:07:29 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Michael Alexander

Here;s an article from a recent copy of the Republikein newspaper.... is Kudu gas back....?

"
16.06.2009
Kudu gasprojek: reuse-bedrae betrokke
VERANDERINGE in die ontwikkelingopsies van die Kudu gasveld het oponthoude met die implementering van die projek teweeg gebring.

Tog is die beplanning op koers en is die aanduidings dat die beraamde koste vir die bostroom ontwikkeling, wat onder meer 'n drywende produksie-, stoor-, laai- , verskeping- en aflaaigeriewe bevat, nagenoeg US$1,5 miljard (N$12,05 miljard) sal beloop en die onderstroom ontwikkeling tussen US$400 en US$500 miljoen (N$3,2 en N$4 miljard).

Die inligting is Donderdag in vraetyd in die Nasionale Vergadering deur die Minister van Myne en Energie, mnr. Erkki Nghimtina, verskaf na aanleiding van vrae wat deur mnr. McHenry Venaani van die DTA aan hom gestel is.

Die Kudu produksie lisensie is op 25 Augustus 2005 reeds uitgereik. Die aanvanklike beplanning was om die gas per pyplyn na Suid- Afrika uit te voer omdat die Namibiese mark alleen te klein is om die produksie lewensvatbaar te maak.

Geen ooreenkoms oor 'n bekostigbare prys kon die afgelope 15 jaar vir die uitvoer van gas bereik word nie. Die huidige ontwikkelingopsie wat deur belanghebbende partye Tollow, Namcor and Itochu Korporasie voorgestel is, is die gebruik van mariene saamgeperste natuurlike gas (CNG) tegnologie.

Dié tegnologie bied die alternatiewe opsie om die gas met spesiale CNG-vaartuie na bestemmings te vervoer eerder as om van pyplyne gebruik te maak. Die mark vir nywerheidgas is in die Wes-Kaap met die hooffokus op Kaapstad, asook na Walvisbaai wat geoormerk is as potensiële terrein vir die oprigting van 'n gasaangedrewe kragstasie.

Die aanvanklike voorstel vir die pyplyn na die Wes-Kaap vanaf Oranjemund was nie kostedoeltreffend nie en die onttrekking van een van die moontlike kopers van die gas in Suid-Afrika, Eskom, asook die mislukking van vennote om kommersiële ooreenkomste te sluit, het die aanvanklike voorstel laat misluk.

Finalisering van onderhandelinge deur Tullow Oil en sy bostroom vennote moet nou plaasvind met NamPower en Gigajoule van Suid-Afrika, die maatskappy wat geïdentifiseer is as die hoof gas-aankoper in Suid-Afrika. Sowel NamPower as Gigajoule moet teen die einde van dié maand CNG ontwikkelingopsies asook voorgestelde gaspryse ter tafel lê.

Een van die belangrike mylpale sal die voorgestelde ondertekening in Junie of Julie vanjaar tussen NamPower en en die ander vennote wees. Dan moet 'n memorandum van verstandhouding tussen Gigajoule en NamPower gesluit word waarna die aansoek vir 'n 25 jaar produksielisensie by die Ministerie ingedien sal word.

Die operateur van die gasveld, Tullow Oil, sal dan 'n ingenieur en ontwerpstudie van die CNG opsie onderneem. Hierna sal onderhandelinge oor die kommersiële ooreenkomste begin, wat onder meer die verkoop van gas insluit.

Teen hierdie tyd behoort voldoende feite aan die lig te wees sodat ingeligte beleggingsbesluite geneem kan word sodat moontlik met die ontwikkeling van die gasveld in die eerste kwartaal van 2010 begin kan word.

Dit sal 'n verdere drie jaar neem voor die Kudu gasveld gereed vir produksie sal wees, die CNG tenkskepe gereed sal wees vir die verskeping van die gas en die kragstasie by Walvisbaai gereed sal wees om die gas te ontvang. Tog wys Min. Nghimtina daarop dat indien Tullow en NamPower voortgaan om oor die gasprys te verskil, die moontlikheid ondersoek moet word watter opsie die beste sal wees en sal meebring dat die gas en die uitvoer daarvan tot voordeel van die land strek.

Min. Nghimtina wys daarop dat terwyl die gas ondergronds is, dit vir niemand tot voordeel strek nie en eers wanneer dit uitgevoer word, Namibië winsgewende tantieme en belasting kan verdien. Nuwe werkgeleenthede sal ook in die proses geskep word.

Namcor het 'n tien persent aandeel in die Kudugasprojek, Tullow Olie van Ierland besit 70 persent en Itochu Korporasie van Japan die oorblywende 20 persent. "
OPS 1976-1982 : CBC 1982-1988

Andrew Darné

Was chatting to an Omund businessman earlier this evening about Kudu gas...
Loading the gas at the platform and shipping to SA and Walvis Bay means that sunny little Oranjemund is neatly cut out of the whole picture. Piping the gas to SA and Walvis Bay is not economically viable, which means that the submarine pipeline to Omund would only serve the power station which I see mentioned as a possibility of being errected in Walvis (makes sense if the gas is being shipped there).

SO the only natural gas we're going to see is from increased baked bean sales at the local SPAR...

All things electrical contain smoke. Making it come out is easy; getting it back in? ... yeah right!!!

Kuruman '79-'81, IR Griffiths - Randburg '81-'84, OPS '85, SACS '86-'90

georgswa (Georg Ruf) (RIP)

Quote from: Andrew Darné on June 18, 2009, 08:20:48 PM


SO the only natural gas we're going to see is from increased baked bean sales at the local SPAR...
laughpoint
Regards Georg Ruf Stuttgart Germany
My video channels:
http://www.livevideo.com/Georgswa 
http://georgswa.ning.com/
My Homepages
http://www.dersofaladen.de/home/
http://www.dersofaladen.de/georg/html/home2.html
Skype : .................Georgswa
Win Live Mess:........ ageorgruf@aol.com
Liv