Can you walk if you shoot yourself in both feet??

Started by Charles Scheepers, February 17, 2014, 02:14:54 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Charles Scheepers

Clover Namibia dank 34 af.

Voorgelê deur Republikein101 op Ma, 2014-02-17 08:25

Ronelle Rademeyer - Die suiwelinvoerder en -verspreider Clover Namibia het verlede week afleggingsbriewe aan 34 van sy 77 werknemers oorhandig.
Mnr. Craig Deyzel, hoofbestuurder van Clover Namibia, sê in 'n verklaring die verlies aan invoervolume en gevolglik ook verkope, maak dit vir die maatskappy onmoontlik om in die lang duur steeds almal se salarisse te kan bekostig.
Daarbenewens sal Clover-produkte voortaan net vir verbruikers in sentraal-Namibië en aan die kus beskikbaar wees. Weens beperkte voorraad as gevolg van die verlaagde kwotas, kan die suiwelverspreider nie meer verder suid as Rehoboth en verder noord as Otjiwarongo aflewer nie. Dit beteken inwoners in die digbewoonde noordelike streke van die land sal in die toekoms 'n kleiner keuse van suiwelprodukte hê om uit te kies.
"Hierdie baie ongelukkige situasie is 'n direkte gevolg van die kwantitatiewe beheermaatreëls van die ministerie van handel en nywerheid waardeur Clover se invoerkwota met die helfte gesny is," sê Deyzel.
Die ministerie het op 16 Oktober verlede jaar invoerbeperkings op suiwelprodukte in werking gestel in 'n poging om die plaaslike suiwelbedryf teen onregverdige medediging van buite te beskerm.
Dit behels net 500 000 liter melk, langlewe melk en room en net 200 000 liter ander suiwelprodukte soos jogurt, karring-, dik- en gefermenteerder melk mag met vooraf uitgerekte invoerpermitte die land binnekom.
Een van die Clover-werknemers wat Donderdag in kennis gestel is dat hy einde Februarie sy lessenaar moet ontruim, sê dit is ironies dat Namibiërs gestraf word deur invoerbeperkings wat daarop gemik is om die binnelandse suiwelbedryf te laat gedy.
"Ons is almal Namibiërs. Ons werk vir 'n Namibiese maatskappy. Nou sit ons op straat."
Clover Namibia, 'n filiaal van Clover in Suid-Afrika, het sowat drie jaar gelede in Namibië begin sake doen.
Intussen het 'n kleinhandelaar op Opuwo in 'n e-pos aan Republikein gesê die suiwelprobleem raak elke Namibiër. Hy het 'n afskrif van die brief wat Clover Namibia op 17 Januarie aan kleinhandelaars gestuur het oor die gewysigde verspreiding, gesê verbruikers gaan swaar getref word. "Namibia Dairies maak nie eens botter nie, om maar net een van die p­rodukte te noem. Hoe kan dit die verbruiker nie raak nie?"
Luidens die brief sal Clover nie meer produkte na Mariental, Keetmanshoop, Lüderitz, Karasburg, Stamp­riet, Gochas, Maltahöhe, Grootfontein, Tsumeb, Rundu, Katima Mulilo, Otavi, Outapi, Oshikango, Ondan­gwa, Ongwediva, Oshakati, Eenhana, Omuthiya, Etango, Okongo, Oshikuku, Omaruru en Opuwo lewer nie.
Matador Enterprises, 'n ander plaas­like suiwelinvoerder, bring Vrydag saam met Clover as tweede applikant 'n aansoek in die hoërhof waarin vir die hersiening en tersydestelling van die kwantitiewe beheermaat­reëls gevra word.
We should take care not to make the intellect our god; it has, of course, powerful muscles, but no personality. - Albert Einstein (1879–1955)

Michael Alexander

Charles, the retailers in Namibia warned the Gov about depending on a single monopoly to produce all of the country's dairy...... the result after one drought, empty shelves across the country and now job losses..... obviously somebody in the dairy industry has connections with the gov that for some reason or other is blind to what the majority of the population want..

Same goes for the poultry industry..... I see a price hike of 20% in local poultry has just come into effect....

And I have just read an email that as of the 1st of April, the NAB (Agronomical board) want all retailers in Nam to source 39-45% of our Fruit and Veg from Namibian farmers.... nobody can think of the cost factor when this comes to the towns in the deep south..... so much for living in a democracy where you should have a choice on where you purchase your goods....
Idiots.... the lot of them......
OPS 1976-1982 : CBC 1982-1988

Adriaan Van Rooyen

So now we all become veggie farmers Mike ...... any price on my bananas.....?
There's Only One Western Province!