The Theron Family

Started by Andrewette (Theron), July 26, 2008, 08:10:27 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Charmain Meier (Heusdens)

Andrewette

Het Oom Louwtjie in Uubvley Magasyn gewerk?  Die Oom Louwtjie waarvan ek praat was ook betrokke by die voortrekkers.  As dit hy is, se asb vir hom ek stuur baie groete.  Toe ek destyds saam met hom gewerk het, was my van Heusdens.

Mooi bly

Charmain
The higest love of all finds it's fulfilment not in what it keeps, but in what it gives.  We may give without loving, but we cannot love without giving

Andrewette (Theron)

@ Charmaine - jy's heeltemal reg, my pa het by Uubvley Magasyn gewerk en was betrokke by die Voortrekkers.  Kyk bietjie Die Voortrekkers onder Photograph Board, daar is 'n foto van hom van "daai dae" wat ek gepost het.

Ek het my pa gisteraand gebel en was baie verras toe ek jou groete aan hom oordra!  En hy stuur ook vir jou groete.  Dis jammer hulle het nie 'n rekenaar nie, hulle mis uit op so baie, sou die forum vreeslik geniet het.  Maar hulle aftree huisie is baie klein, daars nie plek vir 'n rekenaar nie!
Andrewette van der Westhuizen
Oranjemund 1966 - 1980

Hooter

Ongeveer 2001 , het ek vir oom Louw Theron in Kimberley raakgeloop . ek het byna omgeval toe hy my dadelik herken - My vrou was ook in daai dae lank gelede met die voorterekkers span gemoeid onder oom Louw se bekwame leiding
groete aan hom
en natuurlik ook aan neef Jacob - , ons het almal maar effens aangestap in jare !

Andrewette (Theron)

Dankie Hennie, ek sal jou groete oordra.  My ouers kom oor 2 weke bietjie kuier hier in "gangsters paradise", sal hulle dan op 'n "toer" vat deur die forum!  sorriso2
Andrewette van der Westhuizen
Oranjemund 1966 - 1980

Gerda Cloete

Hi
Ek en Kobie was in dieselfde klas en saam in die Voortrekkers, Se asb vir hom "hallo",

Gerda Cloete

Hooter

Baie dankie vir die mooie fotos van die Therons , en die Heisers en ander bekendes . Diana - dis gaaf om te sien almal is nog net so mooi , jammer ons is nie meer so jonk nie !!
Wat sou van Fanie Cloete en familie geword het - Hulle was mos ook nou betrokke by die voortrekkers

Gerda Cloete

Hallo Hennie

Ek is Gerda Cloete en ek was saam met Kobie ( Jakes) hulle in die voortrekkers. My ma Tannie Sannie was n offesier saam met AC Visser hulle.

Hooter

Hallo Gerda . Ek onthou Gert en Sannie Cloete baie goed , en natuurlik ook AC Visser en Rika Roodt . Charlotte Bosman ens ' ek plak 'n foto aan van paar voortrekkers 1983 . lnr= Japie kruger , ?? en Tannie ??  Elaine Venter en , ?? , heel regs mag Ebersohn ? wees

Gerda Cloete

Hi ja my pa was Gert. Bly julle onthou ons nog. Groete

georgswa (Georg Ruf) (RIP)

Quote from: Gerda Cloete on March 04, 2009, 05:09:27 AM
Hi ja my pa was Gert. Bly julle onthou ons nog. Groete
Give Gert my regards, pity he is not on the board
Regards Georg Ruf Stuttgart Germany
My video channels:
http://www.livevideo.com/Georgswa 
http://georgswa.ning.com/
My Homepages
http://www.dersofaladen.de/home/
http://www.dersofaladen.de/georg/html/home2.html
Skype : .................Georgswa
Win Live Mess:........ ageorgruf@aol.com
Liv

Hannelie

Quote from: Johanda Fourie (Theron) on August 02, 2008, 04:54:33 PM
Hi, I'm also part of the Theron family. My name is Johanda and I was born in Oranjemund in 1965.  Andrewette is the little sister! I remember Bertie Horak - always passed his house on my way to school.  One of his friends also lived nearby - I think it was Ian. Not remembering his surname. Bertie, kan jy onthou?
I remember the Linnikers - we lived next to them in 8 ste laan! Remember chatting with them on the fence!
Thanx Andrewette for the photos - en ja, die groen span was 'n wenspan !
Hierdie een van die Theron familie kan ek onthou! Haar in hospitaal ontmoet in 1974. Hallo Johanda!

Johanda Fourie (Theron)

Hi Hannelie - in die hospitaal ?  Jy sal my moet vertel ! Ek onthou baie dinge uit ons kinderdae, maar dit kan ek nie onthou nie.
Het ons saam gesit en skree oor 'n inspuiting !
Ek onthou jou baie goed.Regtig lekker om van jou te hoor !