Namibian News:

Started by Adriaan Van Rooyen, September 25, 2013, 11:57:38 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Adriaan Van Rooyen

Jessica Botes - Twee van die drie geldleners wat daarvan beskuldig word dat hulle meer as 200 mense met 'n piramideskema bedrieg het, het regter Alfred Siboleka gister gesmeek om hulle nog tyd te gee om regshulp te kry. Dít nadat hulle reeds sewe jaar gehad het om hul sake agtermekaar te kry.
Siboleka het die twee beskuldigdes, mnr. Jeremia van Niekerk en sy vrou Melanie, gewaarsku indien hulle nie teen 18 November regshulp het nie, hulle hulself sal moet verteenwoordig.
Melanie het aan die regter verduidelik dat hulle nie die N$180 000 wat prokureurs hulle vir verteenwoordiging vra, kan bekostig nie en dat hulle nou besig is om vir geld te bedel.
"Ons het al almal wat ons ken gevra om ons te help, maar dit het niks opgelewer nie. Dit is nie ons bedoeling om die hofverrigtinge te laat sloer nie, maar soos dinge nou staan het ons geen ander keuse nie," het sy gesê.
Siboleka het egter volgehou dat hulle in die sewe jaar sedert hulle vir die eerste keer in die hof verskyn het, niks omtrent hul lot gedoen het nie.
"Hoekom het julle nie vir regshulp aansoek gedoen nie? Julle is in Januarie reeds gewaarsku om nie die hof se tyd verder te mors nie. So hoekom moet ek nou vir julle nog tyd gee?" het hy aan die beskuldigdes gevra.
Volgens Melanie is hulle in 2006 bankrot verklaar en het hulle niks geld oor nie. "Ons aansoek vir regshulp is afgekeer omdat ek werk so ons enigste opsie is om self vir 'n prokureur te betaal, maar ons kan dit nie bekostig nie," het sy gesê.
Jeremia en Melanie het in Januarie aansoek gedoen om hul borgtog, wat hulle in Oranjemund betaal het, te verminder. Volgens staatsaanklaer Ingrid Husselmann, was die aansoek suksesvol en sou die verskil van N$50 000 aan die beskuldigdes terugbetaal word.
"Ek was nie bewus van die finansiële beperkinge op die beskuldigdes nie, maar ongelukkig lê die verantwoordelikheid om die geld oor te plaas, by die landdroshof op Oranjemund," het sy gesê.
Husselmann het aangevoer dat die hof nie meer tyd aan die beskuldigdes moet gee nie, omdat hulle reeds genoeg tyd gehad het om 'n prokureur te kry.
"Die staat moet 126 getuies voor die hof roep en hoe langer die verhoor sloer, hoe meer geld sal dit die staat kos. Ons het reeds al ons dokumente ingedien en ons wag net op terugvoering, maar sonder 'n regsverteenwoordiger vir die beskuldigdes is hulle onder geen verpligting om terugvoering te gee nie," het sy gesê.
"Die hoërhof handel met ernstige sake en dus moet beskuldigdes eintlik 'n prokureur hê om hulle te verteenwoordig. Ek sal dit oorweeg om julle weer in aanhouding te plaas sodat julle verniet regshulp kan ontvang indien julle nie nou 'n plan maak nie. Julle kan nie verder die genade wat die hof julle tot nou toe gewys het, misbruik nie," het Siboleka aan die Van Niekerks gesê.
Volgens die klagstaat het hulle en hul medebeskuldigde, mnr. Charles van Rensburg, tussen 2004 en 2006 byna N$11,5 miljoen van 126 "beleggers" deur hul kontantleenbesigheid, West Coast Financial Aid CC, op Oranjemund verduister.
Husselmann het gesê dat die meeste van die "beleggers" pensionarisse is wat hul aftreegeldjies wou laat groei. Die grootste bedrag wat op een slag deur 'n "belegger" aan die vermeende swendelaars gegee is, is N$400 000. Sommige beleggers het meer as een keer betalings aan die maatskappy gemaak.
Die beskuldigdes staan op 512 klagte van bedrog, diefstal en oortreding van die bankinstellingswet tereg. Hulle het aan "beleggers" voorgegee dat die geld wat aan die maatskappy oorbetaal is, as leengeld vir kliënte gebruik sou word. Rente van tussen 7% en 15% is ook aan hulle belowe met rentekoerse wat glo so hoog as 30% sou wees.
Die geld is egter, volgens die klagstaat, nooit vir kliënte van die kontantleenbesigheid gebruik nie, maar slegs vir die persoonlike gewin van die beskuldigdes.

There's Only One Western Province!

Adriaan Van Rooyen

Some people just never learn do they....??????
There's Only One Western Province!