Ship Wreck relevant

Started by georgswa (Georg Ruf) (RIP), May 02, 2008, 08:50:09 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Michael Alexander

I do not think that itwould be ethical to rip an entire page with all the photo;s, but here is the link for those of you that want to see more wreck photo's, compliments of the Republikein and that nutter CHristo.....!   23_146_26  swink

http://www.republikein.com.na/politiek-en-nasionale/herwinning-van-skatskip-by-oranjemund.73559.php
OPS 1976-1982 : CBC 1982-1988

Michael Alexander

Here we go, from NEWS24

"Gold-laden wreck to be raised

Oct 02 2008 09:00:35:757AM

A gold-laden, 500-year-old Portuguese shipwreck discovered by chance off Namibia will be salvaged by the end of next week.

Lisbon - A gold-laden, 500-year-old Portuguese shipwreck discovered by chance off Namibia will be salvaged by the end of next week, the ministry of culture in Lisbon said on Wednesday.

A team of archaeologists from Portugal, the United States and Zimbabwe are working to raise the wreck before October 10 - the deadline set by Namibian government officials owing to huge costs involved.

Last week, the Namibian culture ministry said the rescue operation was costing some N$100 000 (R103 680) per day.

All that is keeping the wreck intact is an artificial sand wall created by mine workers with bulldozers to push back the sea for diamond dredging.

However, the Portuguese government said that its "fundamental interest" is "to guarantee the complete protection" of the ship and the adjacent sea-bed's remaining cargo.

The ship was found in April during the diamond dredging operation.

It contained over 2 300 gold coins weighing some 21 kilograms, six bronze cannons, silver, several tonnes of copper, huge elephant tusks and a variety of weapons - all tugged out of the sand.

Bad weather

Experts believe more treasure will be found under its resting place when the salvage operation is complete.

The statement said the rescue work should have been finished by October 2, but recent bad weather would now delay completion until October 10.

"The relics will be rescued by the expected date for the end of the operations," a spokesperson for the Portuguese ministry of culture told AFP.

The abundance of objects unearthed where the ship ran aground along Namibia's notorious Skeleton coast, where hundreds of vessels were wrecked over the centuries, has amazed even hardened experts.

Under international maritime laws, a wreck and its treasures belong to the country where they were found, and the initial haul of coins is now locked in the vaults of the Bank of Namibia in Windhoek.

The government said it plans at some point to mount an exhibition of the findings and later erect a special museum in Oranjemund to house the incredible collection. "

OPS 1976-1982 : CBC 1982-1988

Michael Alexander

From todays Republikein:

"Skatskip nou veilig op land
DIE São João (Bom Jesus), 'n indrukwekkende driedek Portugese handelskip wat gedurende 1533 aan die weskus van Afrika vergaan het, is na 500 jaar uit sy seegraf op Oranjemund gelig. Die herwinning van die sestiende eeuse skeepswrak het vandeesweek 'n hoogtepunt bereik toe die oorblywende houtraamwerk ten aanskoue van 'n hoëvlak regeringsafvaardiging van die wraktoneel verwyder is.

In nog 'n opspraakwekkende deurbraak het argeoloë op die toneel nou ook op Arabiese munstukke uit die sestiende eeu afgekom. "Ons is hoogs tevrede. Alles het goed afgeloop," het dr. Peingeondjabi Shipoh, die hoof van die herwinning- en reddingsoperasie op Oranjemund aan Republikein gesê.

Navorsing in Duitsland en Portugal het intussen aan die lig gebring dat die skip met sy vrag skatte moontlik die Bom Jesus of S. Joao van kaptein Dom Francisco de Noronha kan wees. Portugese geskiedkundige werke het egter aangedui dat dié vaartuig van die 1533 armada by die Kaap van Goeie Hoop gesink het.

Geen verdere besonderhede is bekend nie. 'n Portugese geskiedkundige en mariene argeoloog, dr. Alexandre Monteiro, wat vroeër vanjaar verantwoordelik was vir die identifisering van die meer as 2 000 muntstukke uit die skeepswrak, het aan Republikein gesê sy aannames oor die identiteit van die skip is gegrond op geskiedkundige verwysings en kruisverwysings asook 'n "ingeligte raaiskoot" dat die wrak moontlik die Bom Jesus is.

"My ingeligte mening is dat dit moontlik die oorblyfsels kan wees van die vaartuig van (skeepskaptein) Dom Francisco de Noronha, moontlik die Nau São João Boaventura van die eerste vloot van 1533 wat onder bevel gestaan het van Dom João Pereira. "Die vorige kapteins (van die São João Boaventura) was Lourenço de Paiva, Diogo Brandão, Dom Gonçalo Coutinho, Simão da Veiga en Nuno Furtado de Mendoça," het die navorser per e-pos uit Duitsland laat weet.

Dr. Monteiro het vroeër ook die muntstukke geïdentifiseer as cruzados wat vanaf 1525 geslaan is. Die bevinding het alle bespiegeling dat die skip aan die ontdekkingsreisiger, Bartolomeu Dias, behoort het, nek omgedraai. Dr. Monteiro was ook verantwoordelik vir die identifisering van die etlike tonne koperballe aan die Duitse Fugger-kenmerk.

Dr. Shipoh, wat pas uit Oranjemund teruggekeer het waar hy betrokke was by die lig van die oorblywende houtraamwerk van die skip, het gister gesê hy is nog nie ingelig oor die moontlike identiteit van die skip nie. Dr. Shipoh was saam met die Minister van Jeug, Nasionale Diens, Sport en Kultuur, mnr. Willem Konjore, die Minister van Myne en Energie, mnr. Erkki Nghimtina en die Minister van Inligting en Kommunikasietegnologie, mnr. Joel Kaapanda, op Oranjemund.

Dr. Shipoh het ook aangekondig dat die Regering toestemming verleen het dat die herwinningsoperasie so lank kan duur as wat nodig is en dat geen sperdatum nou meer geld vir die verwydering van die skip en sy vrag nie. "Die navorsers sou gister die laaste houtstukke verwyder het en daarna eers kyk wat nog onder die wrak is.

Ons het nog goue en silwer munstukke gekry en ook munstukke uit Arabië. "Hierdie is nie nou meer 'n noodreddingspoging nie, maar 'n totale herwinning. "Daar is 'n algemene reël dat herwinningspanne altyd iets op die toneel agterlaat.

In hierdie geval is die toneel sewe meter onder die watervlak en daar bestaan geen rede waarom van die wrakstukke of artefakte agtergelaat moet word nie. "Die plek gaan deeglik gemerk word vir toekomstige verwysings en vir die nageslagte en alles wat gevind is, sal in 'n museum bewaar word," het dr. Shipoh gesê."

OPS 1976-1982 : CBC 1982-1988

Michael Alexander

For some strange reason, the Burger Newspaper in ZA , just ran this story..... way way behind the rest of the papers..

"500 Jaar later: Skeepswrak vol skatte aan diamantkus
2009-09-15 09:37
Druk hierdie artikel

Dieter Noli tel goue munte uit die emmer in die hoed

Foto's   ·   Leser se Foto's   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Michelle Linnert

Die fassinerende verhaal van die skat van die seilskip Bom Jesus wat 500 jaar later gevind is en beskou word as een van die wêreld se grootste argeologiese vondse van sy tyd. MICHELLE LINNERT het gaan vasstel oor dié uiters seldsame historiese vonds, wat dalk ons buurland Namibië se lotto-kaartjie aan toerisme kan beteken?

Hierdie storie was uit die staanspoor 'n absolute móét.
Dr. Dieter Noli, 'n vryskut-argeoloog by De Beers sedert 1995, is nogal 'n moeilike man om op te spoor.
Ná heelwat navrae kom ons toe uiteindelik uit by dié vriendelike en innemende man wat skattejag 'n nuwe naam gegee het.
Dis beslis nie elke dag dat enige lewende siel 2?159 goue munte van 500?jaar oud, van die seebodem verwyder nie.
Voeg daarby die silwer, ivoor, koper, tin, kanonne, gewere en diesulke antieke artikels wat op die Oranjemund-skeepswrak gevind is, en jy het die resep vir 'n baie goeie fiksie-verhaal.
Wat hierdie vonds egter meer spesiaal maak, is dat dit op 'n stuk strand ryk aan diamante gevind is. Om meer spesifiek te wees, De Beers se Sperrgebiet, of Verbode Gebied. Die naam sê alles.
Die verhaal, soos Noli dit opgewonde vertel, gee deurgaans hoendervleis. Dis veral so omdat dit nou oral ter wêreld maar broekskeur gaan as gevolg van die resessie.
'n Mens wil amper jaloers raak dat jy waarskynlik nooit in jou leeftyd een so 'n goue munt sal raakloop nie.
Maar nie Noli nie. Vir hom en sy span was dit nie 'n selfsugtige vonds nie. Inteendeel. Die skat kan dalk nog die bloei van Namib-iese toerisme teweegbring, en dit het die wêreld van maritieme argeologie 'n aansienlike hupstoot gegee.
Woestynman Noli se skat
Noli is by uitstek eintlik 'n woestyn-geoloog wat ook 'n kursus in maritieme duik gedoen het.
Sy redenasie was dat De Beers se werksaamhede aan hierdie deel van Namibië omtrent 300?km van kuslyn ver strek.
Dis hier waar dié ryk internasionale maatskappy amper letterlik diamante van die strand optel.
Noli self is geen vreemdeling vir vreemde vondse nie. In sy loopbaan daar het hy al digby die 600 plekke van argeologiese belang ontdek.
Hy vertel skertsend hoe mense hom uitgelag het as hy op hul vraag, oor wat hy hoop om in die woestyn te ontdek, ewe tong-in-die-kies geantwoord het: "?'n Spaanse swaard en 'n sak vol goud."
Noli sou nie toe kon raai dat sy woorde amper profeties was nie. Op 17 April 2008 sou hy met 'n hele krat vol swaarde, en 'n hoed vol Spaanse goud voor hom sit.
"In daardie stadium was dit werklik 'n droom wat bewaarheid is – 'n onmoontlike droom.
"Hoeveel woestynargeoloë kry uiteindelik te doen met die opgrawing van 'n 500?jaar oue skip?"
Wat die vonds selfs meer merkwaardig maak, is dat dit waarskynlik nooit gekry sou gewees het nie.
De Beers het vir die doel van hul projek 'n deel van die see oor sowat 200?m teruggestoot. Hulle dam dus 'n sekere gemerkte gebied op.
Dan gaan hulle voort en pomp die oorblywende water uit die afgedamde gebied. Dit is gewoonlik op die seebodem, wat nou heeltemal naak daar uitsien, waar hulle hul diamante ontgin.
As hierdie gebied langer as 24?uur nie bewerk word nie, en "teruggegee" word aan die see, neem dit net enkele maande vir die see om dit weer in 'n volwaardige strand te omskep.
Dit was juis in die verloop van wat 'n gewone dag op die diamantproduksielyn moes wees, dat die skat ontdek is. Heel toevallig, en net betyds.
"Dit is hoekom daar aanvanklik so baie tydsdruk was, en hoekom ons die eerste opgrawing in twee weke moes voltooi: Dit kos omtrent R100?000 per dag om die terrein droog te hou.
"As ek nie in daardie twee weke waarin hulle opgedam het, kon demonstreer hoekom dit die moeite en geld werd was om die terrein te ontgin nie, sou hulle dit weer gevloed het sodra hulle klaar daar gemyn het.
"Omdat die see in hierdie deel van die wêreld so rof is en geen duikwerk – dus ook geen verdere opgrawings – toelaat nie, sou dit beteken alles sou net so teruggegaan het see toe, om nooit weer gesien te word nie."
hoe is die skat ontdek?
Die oorblyfsels van die skip is reeds op 1 April 2008 ontdek, toe hoofgeoloog Bob Burrell 'n paar kopergietsels op die myngebied gevind het. Hy het onmiddellik die myn-operasie laat staak en die terrein laat afsper.
By nadere ondersoek het Burrell en sy span twee items, wat moontlik kanonne kon wees, gevind. Hulle het foto's van die artefakte geneem en via e-pos aan Noli gestuur.
Noli het dit geïdentifiseer, en is toe gevra om voort te gaan met die opgrawing. Op 11 April begin hy toe met sy opgrawings.
Op 17 April loop 'n werknemer van De Beers, Hermann Josef, die oggend om 9:00 oor die Sperrgebiet.
Iets in die sand tref sy oog. Hy buk en tel twee gitswart en verroeste medaljes op.
Die eerste silwer munte is gevind.
Binne minute vind sy kollega, Willem Kuyonana, die derde silwer munt.
'n Halfuur en baie opwinding later kom Titus Shekonko met die vonds van 'n leeftyd vorendag – 'n enkele goue munt.
Voordat Noli daardie aand huis toe sou gaan, sou hy heelwat meer as 700 goue munte, blinknuut, uit die lappie aarde van 300?x?250?x?40?mm, waarin hy tot skemer toe gewerk het, haal.
Vir elke 100?munte wat hy afetel het, het hy een verteenwoordigende goue munt op sy hoed se rand geplaas. Dit is in hierdie posisie, nadat die ander werknemers reeds almal terug is na hul onderskeie hostelle, wat die hoofverkenningsgeoloog Juergen Jacob en geoloë Gerrit Viviers en James Alexander hom hier aangetref het.
Noli was so besig aan't goud uithaal dat hy net opgehou het toe daar niks meer lig was om te by te werk nie.
Op daardie eerste dag het hy en sy span van omtrent tien Namdeb-werknemers 'n allemintige 11.5?kg van die totale 21.15?kg goud wat uiteindelik gekry is, verwyder.
Noli-hulle moes nou toesien dat die munte na veiligheid gebring word. Hulle het besluit om dit soos diamante te behandel.
Die mynmagnaat se protokol vereis dat diamante in die kluis van 'n spesiale kamer by Myngebied Nommer 1, in die Sperrgebiet, geberg word. Noli-hulle is reguit daarheen.
Die munte is gewas en in pakkies opgemaak, en toe onder die wakende gluur van die kameras in die kluis weggesluit.
wat is nog gevind?
Die goue munte was almal in uitstekende toestand, want goud vaar baie goed in soutwater, ook oor lang tydperke.
Ongelukkig kan dieselfde nie van die res van dié waardevolle skeepsvrag gesê word nie.
Van die 2?kg silwer wat gevind is, het daar net verweerde medaljes oorgebly.
Die ivoor is in baie haglike toestand en kan glad nie vir ornamentele doeleindes aangewend word nie.
Tussen al die goud en silwer, koper en tin deur, is daar ook ander artefakte gevind wat daaglikse gebruiksartikels soos koperpannetjies, eetgerei, ensovoorts ingesluit het. Die belangrikste van al hierdie artikels, is die uiters seldsame "Astrolabe".
In die algemeen is dié seevaardersinstrument uiters seldsaam, maar hierdie een kan selfs meer besonders wees.
"Dit is in alle waarskynlikheid die oudste maritieme een van sy soort wat tot nog toe gevind is.
"Dit is waarskynlik ook die enkel mees waardevolle item wat op die wrak gevind is, en wat letterlik meer as sy gewig in goud werd is."
Maar wie se skat is dit en wie het vir alles betaal?
Aan die einde van die tweede opgrawing het die span altesame 21,5?kg goud, 2?kg silwer, 6,5?ton tin, 20?ton koper en 600?kg ivoor uit daardie lappie aarde gehaal.
Wêreldgesog, maar aan wie behoort dit dan?
Noli verduidelik dat die vergane skip onder die Portugese vlag geseil het, dus sou 'n mens dink die vonds behoort eintlik aan Portugal, oftewel die vlagland.
Maar, volgens hom is enige vondse aan 'n land se kus die eiendom van die betrokke kusland. In hierdie geval natuurlik Namibië.
Daar is egter 'n kinkel in die kabel, want internasionale maritieme wetgewing verklaar dat as die vergane skip egter 'n staatskip was, die vonds deur die vlagland opgeëis mag word.
Volgens Noli is dit egter die gebruik om die skatte van 'n skeepswrak, staatskip of te nie, aan die kusland te besorg, mits die laasgenoemde kan bewys dat hy die vonds met die nodige respek en waardigheid, maar ook sekuriteit behandel.
Dus het Namibië met dié skatte opgeëindig.
Namdeb het vir die eerste opgrawings betaal, wat die grootste deel van die skat opgemaak het.
Tydens die tweede ronde, wat deur die Namibiese regering gefinansier is, het dié regering 'n hele span oorsese geoloë ingeroep om te kom help soek na die oorblyfsels van die skip, maar ook met verdere uitkenning van artefakte.
In hierdie proses het die span 'n verdere 1?171 artefakte opgespoor, waaronder nóg 36 goue munte.
DIE EINDE
Ongelukkig het die Bom Jesus nooit sy reis voltooi nie.
Gelukkig vir ons, 500?jaar later, het De Beers se belange aan daardie kus, Dieter Noli se vindingrykheid en die gulhartigheid van die Portugese gesorg vir een van die skatte wat kan help met 'n bloeiende toerismebedryf in die streek, indien daar die regte soort museum tot stand gebring sou word wat die artefakte ten beste kan ten toon stel.
"My skip het ingekom met die sink van die ander skip.
"Ek het toe my Spaanse swaard en my sak vol goud gekry," het Noli gesê.
En wat is die waarde van die skat? "Dit sou nie onrealisties wees om te verwag dat die goud alleen meer as R100?miljoen sou inbring as dit aan versamelaars verkoop sou word nie.
"Maar, aangesien nie een enkele artikel van die wrak ooit verkoop sal word nie, is die vraag absoluut akademies."
Skeepswrak vol skatte aan diamantkus ontdek

Dit was 4 Maart 1533. Die Bom Jesus, 'n Portugese staatskip, het gereed gemaak vir 'n lang en uitmergelende tog na Indië om speserye te gaan koop.

Die skeepskaptein was die edelman Dom Francisco de Noronha.

Die skip is gelaai met daaglikse gebruiksartikels, maar ook met die volgende vrag: 'n kis vol goud, heelwat silwer, ivoor van amper 'n ton en tin- en kopergietsels.

Die Bom Jesus was ook gelaai met gewere, kanonne en swaarde.

Daar is onder die vlag van koning Joao III van Portugal uit Lissabon geseil.

Die Bom Jesus het al langs die westelike skouer van donker Afrika na die suide geseil, in die rigting van die Kaap die Goeie Hoop. By die ewenaar is in 'n wye kurwe na wes, oor die Suid-Atlantiese Oseaan, tot naby Suid-Amerika geswaai.

Voordat dit egter daardie vasteland se kus kon bereik, is weer suid en daarna oos gelaveer. Die doel was om die suidpunt van Afrika, die dodelike Kaap die Goeie Hoop, só verby te steek.

HOE HET DIE SKIP TOT SY EINDE GEKOM?

Die Bom Jesus is vir die laaste keer hier gesien. Hy sou nooit verby die Kaap kom nie.

Die skip het in 'n woeste storm beland.

Dalk was daar ook 'n epidemie aan boord wat die bemanning stadigaan uitgewis het en daar toe nie genoeg hande aan boord was om hom te probeer red nie.

Daar kon ook ander skade aan die skip gewees het. In hierdie swak toestand is hy deur die genadelose, stormsterk winde 'n afstand van omtrent 800?km noordwaarts teen die weskus gedryf.

Naby die hedendaagse Oranjemund het die kaptein uiteindelik moed verloor. Hy kon nie die skip red nie. Hy het reeds te veel water gesluk en die bemanning was uitgeput.

Die kaptein het toe besluit om die skip landwaarts te stuur.

Naby die strand is 'n rots getref en die skip het begin opbreek. As enige siele kon oorleef en die strand haal, sou hulle deur die woestyn aan hul noordelike, suidelike en oostelike kant moes kom om te oorleef.

Een of twee gelukkige bemanningslede sou dalk die 18?km suid na die Oranjerivier en vars water haal, maar wat dan? Afrika tóé was steeds donker, onverken, onherbergsaam en wild.

Niemand weet wat verder gebeur het nie. Maar een ding is seker: die Bom Jesus het 'n paar antwoorde agtergelaat in daardie desperate ure in Julie of Augustus van 1533. Met sy stranding het hy gesorg vir een van die rykste skatte wat ooit van die seebodem verwyder is."

LINK: http://www.dieburger.com/Content/Reis/Nuus/1696/c188ca9d8b1048028ae3ad8f35575feb/15-09-2009-09-37/500_Jaar_later_Skeepswrak_vol_skatte_aan_diamantkus#

.
OPS 1976-1982 : CBC 1982-1988

Michael Alexander

Here is the link to the National Geographic Website, who have done an article on our shipwreck...

LINK: http://ngm.nationalgeographic.com/2009/10/shipwreck/smith-text/1
OPS 1976-1982 : CBC 1982-1988