Familie vra hulp vir seuntjie (3)

Started by Michael Alexander, January 13, 2011, 07:17:14 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Michael Alexander

SEDERT 'n Facebookgroep Dinsdag om 13:00 gestig is, het 1 413 mense teen gister aangesluit om hul steun toe te sĂȘ aan die driejarige JD Jacobs van Otjiwarongo, wat met lewerkanker gediagnoseer is.

Nadat die seuntjie oor maagpyn gekla het, het sy ma hom hospitaal toe geneem waar 'n spesialis hom getoets het. Voorheen het hulle verneem dat sy lewer vergroot is, maar nadat bloedtoetse en 'n lewerskandering gedoen is, het hulle bevestig dat hy aggressiewe lewerkanker onder lede het.

Die gesin behoort nie aan 'n mediese fonds nie, maar JD se tannie, me. Jolitta van Rensburg, het 'n geldinsamelingspoging van stapel gestuur wat hopelik eers die hospitaalkoste, operasies en toetse sal dek.

JD is gister van die Katutura staatshospitaal na Windhoek sentrale hospitaal oorgeplaas waar hy in die kankersaal vir kinders opgeneem is.

Vir meer inligting oor die geldinsameling kan me. Van Rensburg by 081 497 1329 gekontak word.


LINK: http://www.republikein.com.na/politiek-en-nasionale/gesondheid/familie-vra-hulp-vir-seuntjie-3.120197.php
OPS 1976-1982 : CBC 1982-1988