Pick and Pay Robbery

Started by Adriaan Van Rooyen, April 23, 2013, 06:18:23 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Adriaan Van Rooyen

Kuskantoor - Diefstal van 'n geskatte N$320 000 uit die kluis van die kettingwinkelgroep Pick n Pay se tak op Walvisbaai is gistermiddag deur die woordvoerder van die polisie in die Erongostreek, adj.komm. Ottilie Kashuupulwa, bevestig.
Volgens haar het die diewe in die nag deur die dak toegang tot die winkel gekry. Binne is daar na die kluis beweeg waar brandtoerusting gebruik is om dit oop te kry en die geld te verwyder. Tot gistermiddag is net op die diefstal van die kontant en niks anders uit die winkel afgekom nie.
'n Omvattende ondersoek deur die polisie is deur die woordvoerder bevestig.
Me. Roux-che Locke, woordvoerder van die Olthaver & List groep van maatskappy waarvan Pick n Pay 'n filiaal is, het die voorval as "ongelukkig" bestempel. Sy sĂȘ daar word nou met die polisie saamgewerk om die skelms vas te trek.

Deel met jou vriende:
Kategorie: Misdaad.................................................


Sounds so much like the spar gang .......
There's Only One Western Province!